Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 10:20-25 Bybel vir Almal (ABA)

20. Maar ek sê dat wanneer die heidene offer, dan dink hulle dat hulle vir ’n god offer, maar hulle offer vir duiwels. En ek wil nie hê dat julle die duiwels moet dien en aan hulle moet behoort nie.

21. Julle kan nie uit die nagmaal-beker van die Here drink en ook uit die beker van duiwels nie. Julle kan nie by die nagmaal-tafel van die Here sit en ook by die tafel van duiwels nie.

22. As ons dit doen, dan is ons ontrou en ons maak die Here kwaad. En julle weet dat ons nie sterker is as Hy nie.

23. Ja, ons is vry om alles te doen, maar daar is dinge wat nie goed is vir ons nie. Ons is vry om alles te doen, maar alles maak nie ons geloof sterk nie.

24. Ons moenie selfsugtig wees nie en ons moenie net doen wat vir óns goed is nie. Ons moet doen wat goed is vir ánder mense.

25. Julle mag enige vleis eet wat iemand in ’n slaghuis verkoop. Maar julle moenie vra van waar die vleis kom nie, want as julle miskien hoor dit is offer-vleis, dan sal julle dink julle doen sonde om dit te eet.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 10