Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 1:21-26 Bybel vir Almal (ABA)

21. God was reg toe Hy besluit het dat die slim dinge wat die mense van die wêreld dink, hulle nie sal kan help om Hom te ken nie. Die mense van die wêreld sê die boodskap oor Jesus is iets wat dom lyk, maar God het besluit om die mense te red wat hierdie boodskap glo.

22. Die Jode wil wondertekens sien en die Grieke wil slim dinge hoor,

23. maar ons bring ’n boodskap dat Christus aan ’n kruis gesterf het. Vir die Jode is dit ’n groot probleem, en vir die heidene is dit iets wat dom lyk.

24. Maar God het mense gekies, Jode én Grieke, en vir húlle is Christus die Een wat wys dat God sterk is en dat Hy wysheid het.

25. Want die mense van die wêreld sê die boodskap oor Christus is iets wat dom lyk, maar die boodskap wys dat God meer wysheid het as die mense. En die mense van die wêreld sê God het gewys dat Hy swak is toe Hy Christus laat sterf het aan die kruis, maar toe God dit gedoen het, het Hy gewys dat Hy sterker is as die mense.

26. Vriende, God het julle gekies. Maar kyk wie is julle. Julle is nie slim of belangrik nie, en julle kom nie uit belangrike families nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 1