Ou Testament

Nuwe Testament

1 Johannes 4:14-21 Bybel vir Almal (ABA)

14. Ons het gesien en nou vertel ons dat die Vader sy Seun gestuur het sodat die Seun die Redder van die wêreld kon word.

15. As mense sê hulle glo dat Jesus die Seun van God is, dan is God by hulle en hulle is by God.

16. Ons het gesien en geglo dat God lief is vir ons. God is liefde, en almal wat vashou aan sy liefde, bly by Hom en Hy bly by hulle.

17. Ons harte het vol geword van God se liefde, en daarom is ons nou nie bang vir die oordeelsdag nie. Ons is nog in die wêreld, maar ons is nie bang om by God te wees nie, soos Jesus nie bang is om by God te wees nie.

18. Mense wat liefde in hulle harte het, is nie bang nie, want as hulle regtig liefde in hulle harte het, dan kan hulle nie meer bang wees nie. Mense is altyd bang vir straf. Die mense wat bang is dat God hulle sal straf, is die mense wat nie regtig liefde in hulle harte het nie.

19. Ons is lief vir God en vir mekaar, want God was eerste lief vir ons.

20. Wanneer mense sê hulle is lief vir God, maar hulle haat ander gelowiges, dan lieg hulle. Hulle kan die ander gelowiges sien, maar is nie lief vir hulle nie. Kan hulle dan lief wees vir God, God vir wie hulle nie sien nie? Nee.

21. God het vir ons gesê as ons lief is vir Hom, dan moet ons ook lief wees vir die ander gelowiges.

Lees volledige hoofstuk 1 Johannes 4