Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 9:10-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Wysheid begin met die dien van die Here;wie die Heilige ken, het werklik insig.

11. As jy wysheid het, sal jy lank lewe,jou lewensjare sal vermeerder word.

12. As jy wysheid het, het jy self die voordeel daarvan;as jy 'n ligsinnige mens is, dra jy alleen die las.

13. Dwaasheid is soos 'n vrou wat luidrugtig bly klets,stadig van begrip en sonder kennis van sake.

14. Sy sit by haar voordeur,haar stoel staan op die hoogste plek in die stad,

15. en sy roep na dié wat verbykom,elkeen besig om sy gang te gaan:

16. “Draai af hiernatoe, almal wat nog onervare is!”Sy sê vir dié wat kennis kortkom:

17. “Gesteelde water is soet,kos wat stilletjies geëet word, is lekker!”

Lees volledige hoofstuk Spreuke 9