Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 9:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Wysheid het vir haar 'n huis gebou met sewe klippilare.

2. Sy het geslag en wyn reggesit,sy het haar tafel gedek

3. en haar bediendes na die stad toe gestuurom van die hoogste plek af te roep:

4. “Kom hiernatoe, almal wat nog moet leer!”En vir dié wat kennis kortkom, het sy gesê:

5. “Kom eet by my,kom drink van die wyn wat ek reggesit het!

6. Neem afskeid van die onkunde, dat julle kan lewe,kom op die pad van die insig!”

Lees volledige hoofstuk Spreuke 9