Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 8:4-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. “Ek roep na julle, mense, ek roep na alle mense:

5. Dié wat ervaring kortkom, kan verstandig word,dié wat dwaas optree, kan insig kry.

6. Luister, want wat ek sê, is die moeite werd,elke woord van my is opreg.

7. Ek praat net die waarheid,ek het 'n afsku van wat verkeerd is.

8. Elke woord uit my mond kan die toets deurstaan,nie een het 'n verkeerde of vals bedoeling nie.

9. Mense wat insig het, weet dat ek reguit praat,wie die kennis het, weet wat ek sê, is reg.

10. Aanvaar wat ek julle leer, dit is meer werd as silwer;kennis is meer werd as die fynste goud.

11. Ek, Wysheid, is kosbaarder as edelstene;wat jy ook al as baie werd beskou,teen my weeg dit nie op nie.

12. “Ek, Wysheid, het die verstand,ek het die kennis en die skranderheid.

13. Om die Here te dien, is om te haat wat verkeerd is.Daarom haat ek hoogmoed en hovaardigheid,'n verkeerde lewe en slinkse woorde.

14. Wie my het, het raad en behaal sukses,ek verleen insig, ek is die een wat die mag gee.

15. Met my hulp regeer konings goeden laat maghebbers reg geskied;

16. met my hulp heers die mense wat mag het,die leiers, elkeen wat reg regeer.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 8