Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 8:20-35 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Waar ek gaan, is daar geregtigheid,my pad is dié van die reg.

21. Ek maak dié wat my liefhet, ryk,ek maak hulle skure vol.

22. “Die Here het my geskep, Hy het met my begin;ek is die eerste wat Hy gemaak het, lank, lank gelede.

23. Ek is lankal daar, van die begin af,voor die aarde daar was.

24. Ek het gekom toe die groot waters nog nie daar was nie,toe daar nog nie fonteine vol water was nie.

25. Voor die berge hulle plek gekry het,voor die rante het ek al gekom,

26. voor die Here die aarde met sy vlaktes gemaak het,voor Hy selfs die eerste grond gemaak het.

27. Ek was daar toe Hy die hemelgewelf opgerig het,toe Hy die horison oor die see afgemerk het,

28. toe Hy die wolke daarbo gesit het,die fonteine onder die diep water laat uitborrel het.

29. Ek was daar toe Hy vir die see sy grens vasgestel het,die waters aan sy wil onderwerp het,toe Hy die fondamente van die aarde afgesteek het.

30. Ek het my kennis by Hom gekry,ek was elke dag sy vreugde;die hele tyd het ek dit by Hom geniet.

31. Ek het my verlustig in die wêreld wat Hy gemaak het,die mense was vir my 'n vreugde.

32. “Daarom, kinders, luister na my,dit sal goed gaan met dié wat op my pad bly.

33. Luister na wat ek julle leer,moet dit nie verontagsaam nie,dan sal julle ook wysheid hê.

34. Dit sal goed gaan met die mens wat na my luister,die mens wat elke dag na my huis toe komen op my drumpel staan en wag.

35. Wie my vind, vind die lewe selfen geniet die guns van die Here.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 8