Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 8:12-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. “Ek, Wysheid, het die verstand,ek het die kennis en die skranderheid.

13. Om die Here te dien, is om te haat wat verkeerd is.Daarom haat ek hoogmoed en hovaardigheid,'n verkeerde lewe en slinkse woorde.

14. Wie my het, het raad en behaal sukses,ek verleen insig, ek is die een wat die mag gee.

15. Met my hulp regeer konings goeden laat maghebbers reg geskied;

16. met my hulp heers die mense wat mag het,die leiers, elkeen wat reg regeer.

17. Ek het dié lief wat my liefhet;dié wat my soek, vind my.

18. Wie my het, het rykdom en eer,het duursame en blywende besittings.

19. Wat ek vir jou lewer,is beter as goud, selfs fyn goud;wat ek inbring,is meer werd as die suiwerste silwer.

20. Waar ek gaan, is daar geregtigheid,my pad is dié van die reg.

21. Ek maak dié wat my liefhet, ryk,ek maak hulle skure vol.

22. “Die Here het my geskep, Hy het met my begin;ek is die eerste wat Hy gemaak het, lank, lank gelede.

23. Ek is lankal daar, van die begin af,voor die aarde daar was.

24. Ek het gekom toe die groot waters nog nie daar was nie,toe daar nog nie fonteine vol water was nie.

25. Voor die berge hulle plek gekry het,voor die rante het ek al gekom,

26. voor die Here die aarde met sy vlaktes gemaak het,voor Hy selfs die eerste grond gemaak het.

27. Ek was daar toe Hy die hemelgewelf opgerig het,toe Hy die horison oor die see afgemerk het,

28. toe Hy die wolke daarbo gesit het,die fonteine onder die diep water laat uitborrel het.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 8