Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 8:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Dit is Wysheid self wat roep,dit is Insig wat haar stem laat hoor.

2. Op die hoogtes langs die pad,by die kruispaaie, gaan sy staan,

3. langs die stadspoorte, by die ingange,skree sy dit uit:

4. “Ek roep na julle, mense, ek roep na alle mense:

5. Dié wat ervaring kortkom, kan verstandig word,dié wat dwaas optree, kan insig kry.

6. Luister, want wat ek sê, is die moeite werd,elke woord van my is opreg.

7. Ek praat net die waarheid,ek het 'n afsku van wat verkeerd is.

8. Elke woord uit my mond kan die toets deurstaan,nie een het 'n verkeerde of vals bedoeling nie.

9. Mense wat insig het, weet dat ek reguit praat,wie die kennis het, weet wat ek sê, is reg.

10. Aanvaar wat ek julle leer, dit is meer werd as silwer;kennis is meer werd as die fynste goud.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 8