Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 7:5-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Dit sal jou weghou van die slegte vrou af,die vrou met die verleidelike praatjies.

6. Ek kyk uit by my huis, by die tralievenster uit

7. en ek sien mense wat nog baie moet leer;ek merk onder hulle veral een onverstandige jongman

8. wat oor die straathoek stapen die pad na 'n vrou se huis toe kies.

9. Dit is skemeraand, die nag se donker slaan toe.

10. Daar kom die vrou hom tegemoet;sy dra die klere van 'n prostituut,sy is 'n vrou met listige planne.

11. Sy is luidrugtig en uitdagend,haar huis is te nou vir haar;

12. sy maak haar ronde in die strate, op die stadspleine,sy staan op loer by elke hoek.

13. Sy gryp die jongman en soen hom,onbeskaamd sê sy vir hom:

14. “Ek moes maaltydoffers bringen ek het vandag juis my geloftes betaal.

15. Daarom het ek jou kom soek,ek was op die uitkyk na jou en nou het ek jou gekry.

16. Ek het 'n deken oor my bed gegooi,'n deken van bont Egiptiese linne;

17. ek het my bed besprinkelmet mirre, aalwyn en kaneel.

18. Kom ons drink van die liefde tot die môre toe,ons gee ons oor aan die liefdeslus.

19. My man is nie tuis nie,hy is op 'n lang reis;

20. hy is weg met 'n vol beursen kom eers met volmaan terug.”

21. So laat sy die jongman swig vir haar listigheid,so verlei sy hom met haar gladde tong.

22. Hy loop sonder weerstand agter haar aansoos 'n bees op pad slagpale toe.Soos 'n dwaas word hy in die strik gevang

23. en netnou kloof 'n pyl sy lewer.Soos 'n voël wat reg in 'n net in vlieg,so is hy daarmee heen voor hy dit weet.

24. Luister na my, my seun,slaan ag op wat ek sê.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 7