Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 7:17-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. ek het my bed besprinkelmet mirre, aalwyn en kaneel.

18. Kom ons drink van die liefde tot die môre toe,ons gee ons oor aan die liefdeslus.

19. My man is nie tuis nie,hy is op 'n lang reis;

20. hy is weg met 'n vol beursen kom eers met volmaan terug.”

21. So laat sy die jongman swig vir haar listigheid,so verlei sy hom met haar gladde tong.

22. Hy loop sonder weerstand agter haar aansoos 'n bees op pad slagpale toe.Soos 'n dwaas word hy in die strik gevang

23. en netnou kloof 'n pyl sy lewer.Soos 'n voël wat reg in 'n net in vlieg,so is hy daarmee heen voor hy dit weet.

24. Luister na my, my seun,slaan ag op wat ek sê.

25. Moet jou nie met so 'n vrou ophou nie,moenie haar pad loop nie.

26. Sy het die val van baie op haar kerfstok,sy het al sterk manne laat ondergaan.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 7