Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 7:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Maak wat ek vir jou sê jou eie, my seun,hou by wat ek jou voorskryf,

2. maak wat ek jou voorskryf jou eie, dat jy kan lewe,maak wat ek jou leer jou eie,so eie soos die appel van jou oog.

3. Sorg dat jy dit altyd onthou,maak dit 'n deel van jou lewe.

4. Sê vir die wysheid: “Jy is my suster,”maak die insig familie van jou.

5. Dit sal jou weghou van die slegte vrou af,die vrou met die verleidelike praatjies.

6. Ek kyk uit by my huis, by die tralievenster uit

7. en ek sien mense wat nog baie moet leer;ek merk onder hulle veral een onverstandige jongman

8. wat oor die straathoek stapen die pad na 'n vrou se huis toe kies.

9. Dit is skemeraand, die nag se donker slaan toe.

10. Daar kom die vrou hom tegemoet;sy dra die klere van 'n prostituut,sy is 'n vrou met listige planne.

11. Sy is luidrugtig en uitdagend,haar huis is te nou vir haar;

12. sy maak haar ronde in die strate, op die stadspleine,sy staan op loer by elke hoek.

13. Sy gryp die jongman en soen hom,onbeskaamd sê sy vir hom:

Lees volledige hoofstuk Spreuke 7