Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 4:4-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. My vader het my toe ook geleer en vir my gesê:“Wat ek jou sê, moet jy vashou,my voorskrifte moet jy uitvoer, sodat jy werklik kan lewe.

5. Sorg dat jy wysheid bekom, en insig!Moenie my woorde vergeet en daarvan afwyk nie;

6. maak die wysheid jou metgesel, dit sal jou beskerm;as jy dit liefhet, sal dit jou veilig bewaar.

7. Die wysheid kom eerste.Sorg dat jy wysheid bekom,gee alles wat jy het, om insig te kry!

8. Slaan dit hoog aan, dan sal dit aan jou aansien gee.Dit sal jou 'n man van betekenis maak as jy dit vasgryp.

9. Dit sal jou lewe versier,dit sal vir jou 'n sierlike kroon wees.”

10. Luister, my seun, en aanvaar wat ek jou sê;dit sal jou lewensjare baie maak.

11. Ek sal jou leer wat die pad van die wysheid isen jou die regte koers laat loop.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 4