Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 4:20-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. My seun, hoor wat ek vir jou sê,luister goed na my woorde!

21. Moet dit nie vergeet nie,hou dit altyd in gedagte,

22. want dit beteken lewe vir dié wat daarna luister,'n volle lewe vir hom wat dit besit.

23. Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan,want dit bepaal jou hele lewe.

24. Weerhou jou van leuens,moenie mense mislei nie.

25. Hou jou oë op die pad vorentoe,kyk reg voor jou uit.

26. Baken jou koers af,dan sal jy seker wees van elke tree.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 4