Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 4:17-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Misdaad is hulle kos,geweld hulle drank.

18. Die pad van die regverdiges is soos helder oggendligwat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is;

19. die pad van die goddeloses is soos die donker:hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie.

20. My seun, hoor wat ek vir jou sê,luister goed na my woorde!

21. Moet dit nie vergeet nie,hou dit altyd in gedagte,

22. want dit beteken lewe vir dié wat daarna luister,'n volle lewe vir hom wat dit besit.

23. Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan,want dit bepaal jou hele lewe.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 4