Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 4:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Kinders, neem die opvoeding wat 'n vader julle gee, ter harte;slaan daarop ag, sodat julle kan leer wat insig is,

2. want wat ek julle leer, is goed;moenie die onderrig wat ek gee, versmaai nie.

3. Ek was ook eenkeer 'n kind,my moeder se oogappel, haar enigste.

4. My vader het my toe ook geleer en vir my gesê:“Wat ek jou sê, moet jy vashou,my voorskrifte moet jy uitvoer, sodat jy werklik kan lewe.

5. Sorg dat jy wysheid bekom, en insig!Moenie my woorde vergeet en daarvan afwyk nie;

Lees volledige hoofstuk Spreuke 4