Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 31:27-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

27. Sy hou goeie toesig oor haar huishouding;lui is sy nie.

28. Haar kinders prys haar,haar man bewonder haar:

29. “Daar is baie knap vrouens,maar jy oortref hulle almal!”

30. Uiterlike skoonheid hou nie,'n mooi voorkoms is nie alles nie;as sy die Here dien,dán verdien 'n vrou om geprys te word.

31. Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen;laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 31