Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 31:22-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

22. Sy maak self vir haar dekensen sy dra klere van linne en wol.

23. Haar man is welbekend by die stadspoortwaar hy saam met die leiers beraadslaag.

24. Sy maak klere en verkoop dit,sy lewer gordels aan die handelaars.

25. Alles aan haar spreek van 'n sterk en edel persoonlikheid;sy ken geen kommer oor die toekoms nie.

26. As sy praat, is dit met wysheid;as sy leiding gee, is dit met liefde.

27. Sy hou goeie toesig oor haar huishouding;lui is sy nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 31