Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 31:20-29 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Sy het 'n oop hand vir die armes,sy is vrygewig teenoor die behoeftiges.

21. Sy is gerus oor haar huisgesin as dit sneeu:hulle dra almal warm klere.

22. Sy maak self vir haar dekensen sy dra klere van linne en wol.

23. Haar man is welbekend by die stadspoortwaar hy saam met die leiers beraadslaag.

24. Sy maak klere en verkoop dit,sy lewer gordels aan die handelaars.

25. Alles aan haar spreek van 'n sterk en edel persoonlikheid;sy ken geen kommer oor die toekoms nie.

26. As sy praat, is dit met wysheid;as sy leiding gee, is dit met liefde.

27. Sy hou goeie toesig oor haar huishouding;lui is sy nie.

28. Haar kinders prys haar,haar man bewonder haar:

29. “Daar is baie knap vrouens,maar jy oortref hulle almal!”

Lees volledige hoofstuk Spreuke 31