Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 3:27-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

27. Moenie 'n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom,terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie.

28. Moenie vir iemand sê:“Gaan eers terug en kom môre weer,dan help ek jou,” as jy nou reeds kan help nie.

29. Moenie kwaad teen iemand beplanterwyl hy vol vertroue by jou woon nie.

30. Moenie 'n man sommer aanklaas hy jou nie kwaad aangedoen het nie.

31. Moenie 'n man wat sy mag misbruik, beny nieen moenie self soos hy maak nie,

32. want die Here het 'n afkeer van 'n slegte mens,maar neem mense wat reg lewe, in sy vertroue.

33. Die vloek van die Here rus op die huis van die goddelose,maar Hy seën die woning van dié wat aan Hom getrou is.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 3