Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 3:11-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. My seun, aanvaar die straf wat van die Here komen moet jou nie teen sy teregwysing verset nie,

12. want die Here straf die mens wat Hy liefhetnet soos 'n vader doen met sy seun.

13. Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het,wat insig as sy deel ontvang het,

14. want dit bring meer winste in as silweren lewer 'n groter opbrengs as goud.

15. Dit het meer waarde as edelstene;wat jy ook al as kosbaar beskou,niks kan daarmee vergelyk word nie.

16. Die wysheid gee met die een hand 'n lang leween met die ander rykdom en eer.

17. Die wysheid bring 'n ryk en 'n vol lewe.

18. Dit is 'n bron van lewe vir wie dit aangryp,dit gaan goed met dié wat daaraan vashou.

19. Die Here het die fondament van die aarde met wysheid gelêen die hemel gebou met insig.

20. Deur sy kennis is die groot waters van mekaar geskeien drup die wolke van vog.

21. My seun, behou die takt en oorleg;moet dit nie uit die oog verloor nie,

22. dit sal vir jou 'n mooi lewe versekeren soos 'n pragtige halssnoer vir jou wees;

23. jy sal jou pad veilig loopen jou voet nie stamp nie;

24. jy sal nie bang hoef te wees as jy gaan slaap nie;as jy gaan lê, sal jy rustig slaap.

25. Moenie bang wees dat 'n ramp jou skielik sal oorval,dat die storm wat vir slegte mense bedoel is,jou sal tref nie,

Lees volledige hoofstuk Spreuke 3