Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 27:6-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Op 'n vriend wat jou seermaak, kan jy reken;iemand wat jou haat, is oordadig met sy soene.

7. As jy genoeg geëet het, is selfs heuning nie meer lekker nie;as jy honger is, smaak selfs 'n bitter ding soet.

8. Soos 'n voël wat sy nes net so los,so is 'n man wat sy gesin in die steek laat.

9. Reukolie en wierook is iets om te geniet,maar die genot van vriendskap lê in die raad wat jy kry.

10. Moenie by 'n vriend wat al jou pa se vriend was, verbygaanna jou broer se huis toe as jy moeilikheid het nie:'n buurman wat naby is, is meer werd as 'n broer wat ver is.

11. As jy wysheid leer, my seun, sal dit my gelukkig maaken sal ek kan terugantwoord as ek weer skimpe oor jou hoor.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 27