Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 27:2-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Laat dit aan 'n ander oor om jou te prys, moet dit nie self doen nie;laat dit uit 'n ander se mond kom, nie uit joune nie.

3. Klip en sand is swaar om te dra,maar die ergernis wat 'n dwaas veroorsaak, is swaarder as altwee.

4. Iemand wat kwaad is, ontsien niks, sy woede is 'n onkeerbare vloed;teen jaloesie is niemand opgewasse nie.

5. 'n Openlike bestraffing is beteras liefde wat onsigbaar bly.

6. Op 'n vriend wat jou seermaak, kan jy reken;iemand wat jou haat, is oordadig met sy soene.

7. As jy genoeg geëet het, is selfs heuning nie meer lekker nie;as jy honger is, smaak selfs 'n bitter ding soet.

8. Soos 'n voël wat sy nes net so los,so is 'n man wat sy gesin in die steek laat.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 27