Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 27:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Moenie roem oor wat jy môre verwag nie;jy weet nie wat die dag sal oplewer nie.

2. Laat dit aan 'n ander oor om jou te prys, moet dit nie self doen nie;laat dit uit 'n ander se mond kom, nie uit joune nie.

3. Klip en sand is swaar om te dra,maar die ergernis wat 'n dwaas veroorsaak, is swaarder as altwee.

4. Iemand wat kwaad is, ontsien niks, sy woede is 'n onkeerbare vloed;teen jaloesie is niemand opgewasse nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 27