Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 26:3-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. 'n Sweep vir 'n perd, 'n toom vir 'n donkie,en 'n lat vir 'n dwaas.

4. Moenie 'n dwaas se vraag op net so 'n dwase manier beantwoord nie;hy sal dink jy is soos hy.

5. Beantwoord 'n dwaas se vraag op net so 'n dwase manier,anders dink hy hy het wysheid.

6. As jy 'n dwaas met 'n boodskap stuur,kan jy net sowel nie 'n boodskap stuur nieen aanvaar dat daar moeilikheid kom.

7. 'n Lam mens se bene hang nutteloos aan hom;net so nutteloos is 'n spreuk in die mond van 'n dwaas.

8. Om 'n klip in 'n slingervel vas te bind,dit is wat dit beteken om aan 'n dwaas mag te gee.

9. 'n Doring in 'n dronk man se hand,so is 'n spreuk in die mond van 'n dwaas.

10. 'n Boogskutter wat nie omgee wie hy raakskiet nie,so is iemand wat 'n dwaas of sommer 'n verbyganger huur.

11. Soos 'n hond wat na sy braaksel toe terugkom,so is 'n dwaas wat dieselfde dwaasheid weer begaan.

12. Jy sien self: vir iemand wat dink hy het die wysheid in pag,is daar minder hoop as vir 'n dwaas.

13. Die luiaard se verskoning is:“Daar is 'n leeu in die pad!Daar is 'n leeu in die straat!”

14. 'n Deur bly op sy skarnier draai;'n luiaard bly omdraai op sy bed.

15. Die luiaard steek sy hand in die skottel,maar hy is te lui om dit terug te bring na sy mond toe.

16. Die luiaard dink hy het meer wysheidas sewe mense wat verstandige antwoorde kan gee.

17. Iemand wat 'n kwaai hond sommer aan die ore pak,so is iemand wat woedend instorm in 'n rusie wat hom nie aangaan nie.

18. Soos 'n mal mens wat dodelike pyle rondskiet,

19. so is iemand wat 'n ander bedrieg en sê: “Ek speel sommer.”

20. Sonder hout bly 'n vuur nie brand nie;sonder 'n kwaadstoker hou 'n rusie nie aan nie.

21. Daar is houtskool nodig vir gloeiende kole, hout vir 'n vuur,en 'n twissiek mens vir rusie stook.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 26