Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 26:16-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Die luiaard dink hy het meer wysheidas sewe mense wat verstandige antwoorde kan gee.

17. Iemand wat 'n kwaai hond sommer aan die ore pak,so is iemand wat woedend instorm in 'n rusie wat hom nie aangaan nie.

18. Soos 'n mal mens wat dodelike pyle rondskiet,

19. so is iemand wat 'n ander bedrieg en sê: “Ek speel sommer.”

20. Sonder hout bly 'n vuur nie brand nie;sonder 'n kwaadstoker hou 'n rusie nie aan nie.

21. Daar is houtskool nodig vir gloeiende kole, hout vir 'n vuur,en 'n twissiek mens vir rusie stook.

22. 'n Geskinder is soos lekker kos,mense sluk dit so maklik.

23. Soos om 'n potskerf met silwer oor te trek,so is dit om slegte bedoelings agter mooi woorde weg te steek.

24. Iemand kan sy haat verbloem met wat hy sê,maar binne hou hy by sy valsheid.

25. As hy vriendelik praat, moet hom nie glo nie;hy is vol bose bedoelings.

26. Hy verberg sy haat agter 'n valse skyn,maar van die onheil wat hy gaan doen, sal almal weet.

27. Wie 'n gat vir 'n ander grawe, val self daarin;die klippe wat hy gooi, sal na hom toe terugkom.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 26