Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 21:18-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Jy ruil maklik 'n slegte mens uit vir een wat reg doenen 'n onbetroubare vir 'n eerlike.

19. Liewer in 'n woestyn woonas by 'n twisgierige vrou wat aanhou neul.

20. In die woning van 'n wyse mens is daar altyd kosbare besittings en olie;'n dwase mens bring sy goed deur.

21. Wie na reg en liefde strewe,aan hom word 'n vol lewe en eer geskenk.

22. 'n Wyse man kan selfs 'n stad vol dapper verdedigers oorwinen die vesting waarop hulle vertrou, laat val.

23. Wie sy mond en sy tong in toom hou,hou hom uit gevaar.

24. 'n Ligsinnige mens is hovaardig en aanmatigend,sy hovaardige optrede het geen perke nie.

25. 'n Lui mens soek sy dood,want hy wil nie sy hande uit sy moue steek nie;

26. hy sit die hele dag net en wens.Die regverdige kan gee sonder om suinig te wees.

27. Die Here het 'n afsku in die offers van goddeloses,te meer as hulle dit bring met slegte bedoelings.

28. 'n Vals getuie gaan sy dood tegemoet.'n Betroubare getuie se getuienis het betekenis.

29. 'n Slegte mens gee voor dat hy weet wat hy doen;'n eerlike mens bly by die koers wat hy gekies het.

30. Teenoor die Here geld geen menslike wysheid, insig of besluit nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 21