Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 2:8-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Hy sien toe dat reg geskied,Hy hou wag oor die pad van sy troue dienaars.

9. As jy aanneem wat ek jou sê, sal jy insig kryin wat regverdig en reg en billik isen sal jy op die goeie pad bly.

10. Die wysheid sal sy plek in jou lewe inneem,kennis sal vir jou iets aangenaams word,

11. oordeelkundigheid sal oor jou wag houen verstandigheid sal jou bewaak.

12. Dit sal jou weghou van die verkeerde pad afen van mense af wat verkeerde dinge verkondig,

13. van dié af wat die regte paaie verlaatom op donker paaie te loop.

14. Hulle verheug hulle daarin om te doen wat sleg isen juig die wandade van die slegte mens toe;

15. hulle paaie is kromen hulle koers is verkeerd.

16. Die wysheid sal jou weghou van die slegte vrou af,die vrou met die verleidelike praatjies,

17. wat haar eie man verlaaten die verbond van haar God vergeet het.

18. Haar huis lei 'n mens na die dood toe,haar spore bring jou by die dooies uit.

19. Mense wat na haar toe gaan, kom nie een terug nie;hulle kom nie weer op die paaie van die lewe nie.

20. Loop jy liewer die pad van die goeie mense,bly op die paaie van die regverdiges,

21. want die opregtes sal die land bly bewoon,dié wat onberispelik leef, sal ongehinderd gelaat word,

Lees volledige hoofstuk Spreuke 2