Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 2:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. My seun, neem aan wat ek jou sê,maak wat ek jou voorskryf jou eie,

2. hou jou ore oop vir die wysheid,span jou in om te verstaan.

3. Roep insig by,vra na gesonde begrip.

4. Soek dit soos jy silwer sou soek,spoor dit op soos 'n verborge skat.

5. Dan sal jy weet hoe om die Here te dien,sal jy ontdek wat dit is om God te ken.

6. Dit is die Here wat die wysheid gee,uit sy mond kom die kennis en die insig.

7. Hy laat eerlike mense sukses behaalen Hy beskerm dié wat onberispelik lewe.

8. Hy sien toe dat reg geskied,Hy hou wag oor die pad van sy troue dienaars.

9. As jy aanneem wat ek jou sê, sal jy insig kryin wat regverdig en reg en billik isen sal jy op die goeie pad bly.

10. Die wysheid sal sy plek in jou lewe inneem,kennis sal vir jou iets aangenaams word,

11. oordeelkundigheid sal oor jou wag houen verstandigheid sal jou bewaak.

12. Dit sal jou weghou van die verkeerde pad afen van mense af wat verkeerde dinge verkondig,

13. van dié af wat die regte paaie verlaatom op donker paaie te loop.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 2