Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 19:21-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Al maak mense hoeveel planne,wat die Here besluit, staan vas.

22. 'n Mens wy sy lewe aan wat hy begeer,maar dit is beter om arm te bly as om te bedrieg.

23. Wie die Here dien, se lewe is veilig;so 'n mens slaap rustig, geen ramp tref hom nie.

24. 'n Luiaard steek sy hand in die skottel,maar bring dit nie terug na sy mond toe nie.

25. As jy 'n ligsinnige mens klap, leer dié wat nog onervare is, daaruit;as jy 'n verstandige mens straf,word hy nog verstandiger.

26. 'n Seun wat sy pa mishandel en sy ma verstoot,is skaamteloos en veragtelik.

27. My seun, hou gerus maar op met luister na wat jou geleer wordas jy jou nie wil steur aan verstandige raad nie.

28. 'n Kwaadwillige getuie maak 'n bespotting van die reg;wat goddelose mense sê, bring onreg.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 19