Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 19:17-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Wie hom oor 'n arm mens ontferm, gee 'n lening aan die Here,en Hy sal hom ten volle vergoed.

18. Behandel jou seun streng, dan is daar hoop,maar moet jou nie te buite gaan en hom doodmaak nie.

19. 'n Opvlieënde mens boet vir wat hy doen,maar as jy hom een keer help, sal jy dit elke keer weer moet doen.

20. Luister na raad, aanvaar wat jou geleer word,sodat jy uiteindelik wysheid kan hê.

21. Al maak mense hoeveel planne,wat die Here besluit, staan vas.

22. 'n Mens wy sy lewe aan wat hy begeer,maar dit is beter om arm te bly as om te bedrieg.

23. Wie die Here dien, se lewe is veilig;so 'n mens slaap rustig, geen ramp tref hom nie.

24. 'n Luiaard steek sy hand in die skottel,maar bring dit nie terug na sy mond toe nie.

25. As jy 'n ligsinnige mens klap, leer dié wat nog onervare is, daaruit;as jy 'n verstandige mens straf,word hy nog verstandiger.

26. 'n Seun wat sy pa mishandel en sy ma verstoot,is skaamteloos en veragtelik.

27. My seun, hou gerus maar op met luister na wat jou geleer wordas jy jou nie wil steur aan verstandige raad nie.

28. 'n Kwaadwillige getuie maak 'n bespotting van die reg;wat goddelose mense sê, bring onreg.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 19