Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 19:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Liewer arm wees en opreg leweas 'n leuenaar en boonop 'n dwaas.

2. Ywer sonder kennis deug nie;oorhaastigheid bring foute.

3. Sy eie dwaasheid bring 'n mens op die verkeerde paden dan is hy kwaad vir die Here.

4. Rykdom vergader baie vriende;'n arm mens word van sy enigste vriend vervreem.

5. 'n Vals getuie bly nie ongestraf nie;wie leuens kwytraak, kom nie vry nie.

6. Almal soek die goedgesindheid van 'n man met mag,elkeen is die vriend van iemand wat geskenke uitdeel.

7. As 'n arm man se broers almal niks met hom te doen wil hê nie,bly sy vriende ook van hom af weg,en om hulle te soebat, help nie.

8. Wie homself liefhet, sorg dat hy wysheid verwerf;hy stel prys op insig sodat hy voorspoed kan geniet.

9. 'n Vals getuie bly nie ongestraf nie;wie leuens kwytraak, gaan tot niet.

10. Weelde pas nie by 'n dwaas nie,nog minder behoort 'n slaaf oor mense van aansien te regeer.

11. 'n Verstandige mens beteuel sy humeuren stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 19