Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 18:13-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het,is dwaas en kom in die skande.

14. Moed laat 'n mens sy lyding dra;as hy moed verloor het, kan niemand hom dit weer gee nie.

15. 'n Mens met insig doen kennis op;wyse mense hou hulle ore oop vir kennis.

16. 'n Geskenk maak vir 'n mens die pad oopen gee hom toegang tot mense met mag.

17. Iemand wat in 'n regsaak eerste praat, is altyd onskuldig,maar dan kom iemand anders en ondervra hom.

18. Deur 'n beslissing van die Here te vra, kan rusies beslegen sterk mense uitmekaar gemaak word.

19. 'n Veronregte broer is ontoegankliker as 'n vestingstad;rusie is soos die sluitbalk van 'n fort.

20. Deur die regte woorde te gebruik, kan 'n mens sy honger stil,hy kan genoeg kry om te eet deur wat hy sê.

21. Die tong het mag oor dood en lewe;dié wat lief is om te praat, sal die gevolg dra.

22. Wie 'n vrou kry, vind geluken geniet die goedheid van die Here.

23. 'n Arm mens pleit,'n ryke antwoord skerp.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 18