Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 15:8-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Die Here het 'n afsku van die offers van goddeloses,maar Hy aanvaar die gebede van opregtes.

9. Die Here het 'n afsku van die lewenswyse van goddeloses;maar Hy het dié lief wat volgens sy wil lewe.

10. Wie die regte pad verlaat, sal swaar gestraf word;wie teregwysing haat, sal sterf.

11. Vir die Here is die doderyken die onderaardse diepte nie verborge nie,hoeveel minder die gedagtes van mense.

12. 'n Ligsinnige mens hou nie daarvandat hy tereggewys word nie;hy word nie 'n wyse mens nie.

13. Blydskap laat 'n mens se gesig straal;smart maak 'n mens terneergedruk.

14. 'n Verstandige mens is op soek na kennis;'n dwaas voed homself met dwaasheid.

15. Dit gaan altyd sleg met 'n bedrukte mens;die blymoedige mens se hele lewe is 'n fees.

16. Liewer min hê en die Here dienas groot rykdom en bekommernis daaroor.

17. Liewer net 'n bietjie groente en liefde daarbyas 'n vetgemaakte os en haat daarby.

18. 'n Humeurige mens soek skoor;'n verdraagsame mens maak rusies uit die wêreld.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 15