Ou Testament

Nuwe Testament

Sefanja 1:2-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Ek gaan 'n einde maak aan alles op aarde, sê die Here,

3. Ek gaan 'n einde maak aan mens en dier,aan voëls en visse,Ek gaan 'n einde maak aan dié wat mense laat struikel het,en aan die goddeloses;Ek gaan die mense van die aarde af uitroei, sê die Here.

4. Ek gaan my hand uitsteek teen Judaen teen al die inwoners van Jerusalem,Ek gaan uit hierdie plek uitroeiwat daar nog van Baäl oor is:die naam van die afgodspriesters, van alle priesters:

5. dié wat op die dakke die hemelliggame aanbid,dié wat die Here aanbiden aan Hom trou sweermaar terselfdertyd ook aan Milkom,

6. dié wat die rug vir die Here draai,na sy wil nie vra nie en Hom nie raadpleeg nie.

7. Wag in stilte op die Here God!Die dag van die Here is naby!Hy het 'n maaltyd voorberei,en dié wat Hy genooi het, gewy.

8. Op die dag van die maaltyd sal Ek, die Here,die amptenare en die prinse straf,almal wat uitlandse klere dra.

9. Daardie dag sal Ek almal strafwat uit bygeloof nie eens op 'n drumpel trap nieen wat die huis van hulle Koningmet geweld en bedrog vul.

10. Daardie dag, sê die Here,sal daar noodkrete klink uit die Vispoort uit,gehuil uit die tweede stadswyk,harde smartkrete van die heuwels af.

Lees volledige hoofstuk Sefanja 1