Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 8:4-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. So sê die Here die Almagtige: Daar sal weer bejaarde mans en vrouens, ryp in jare, op die pleine in Jerusalem sit, elkeen met 'n kierie in die hand.

5. Die pleine in die stad sal vol seuns en dogters wees wat daar speel.

6. So sê die Here die Almagtige: As dit vir die oorblyfsel van hierdie volk vandag onmoontlik lyk, moet dit dan ook vir My onmoontlik lyk? Die Here die Almagtige het dit gesê.

7. So sê die Here die Almagtige: Ek gaan my volk red uit die land in die ooste, uit die land waar die son opkom.

8. Ek gaan hulle bring, en hulle gaan in Jerusalem woon. Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees, in trou en in geregtigheid.

9. So sê die Here die Almagtige: Skep moed! Julle het gehoor wat die profete destyds gesê het toe die fondamente van die tempel van die Here die Almagtige gelê is sodat dit herbou kan word.

10. Voor daardie tyd was daar nie geld om mense of diere te huur nie, en die toestand was so gevaarlik dat niemand veilig kon beweeg nie. Ek het al die mense mekaar se vyande gemaak.

Lees volledige hoofstuk Sagaria 8