Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 8:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die woord van die Here die Almagtige het tot my gekom.

2. So sê die Here die Almagtige: Ek is hartstogtelik begaan oor Sion, Ek het woedend geword vir sy vyande, so begaan is Ek oor hom.

3. So sê die Here: Ek gaan na Sion toe terugkom, Ek gaan in Jerusalem woon. Jerusalem sal genoem word Stad van Trou, Berg van die Here die Almagtige, Heilige Berg.

4. So sê die Here die Almagtige: Daar sal weer bejaarde mans en vrouens, ryp in jare, op die pleine in Jerusalem sit, elkeen met 'n kierie in die hand.

Lees volledige hoofstuk Sagaria 8