Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 7:5-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Sê vir almal in die land en vir die priesters: Julle vas en treur nou al sewentig jaar lank in die vyfde en in die sewende maand, maar vas julle tot my eer?

6. En as julle eet en drink, doen julle dit vir julleself.

7. Daar is mos ook nog die woorde wat Ek, die Here, deur die vroeëre profete laat aankondig het in die tyd toe Jerusalem nog bewoon en veilig was en toe die stede rondom Jerusalem en ook die Suidland en die Laeveld bewoon was.

8. Dié woord van die Here het ook tot Sagaria gekom:

9. So het die Here die Almagtige gesê: Laat reg geskied aan almal, bewys liefde en barmhartigheid aan mekaar;

10. moenie die weduwee en die weeskind, die vreemdeling en die arme verdruk nie; moenie bose planne teen mekaar bedink nie.

11. Maar die volk het geweier om daarop ag te slaan, hulle was moedswillig, hulle het hulle doof gehou,

Lees volledige hoofstuk Sagaria 7