Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 7:11-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Maar die volk het geweier om daarop ag te slaan, hulle was moedswillig, hulle het hulle doof gehou,

12. hulle het hulle soos die hardste klip gehou en wou nie luister na die wet en na die boodskap wat die Here die Almagtige deur sy Gees, deur die vroeëre profete, gestuur het nie. Daarom was die toorn van die Here die Almagtige so groot.

13. Hy het geroep, maar hulle het nie geluister nie, en toe het die Here die Almagtige gesê: Ek sal ook nie luister as hulle roep nie,

14. Ek sal hulle met 'n stormwind verstrooi onder al die nasies vir wie hulle tot nou toe onbekend was, en agter hulle sal die land so verwoes wees dat niemand meer daar deurtrek nie. Hulle het van 'n pragtige land 'n verwoeste wêreld gemaak.

Lees volledige hoofstuk Sagaria 7