Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 6:9-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Die woord van die Here het tot my gekom en gesê:

10. Gaan vandag nog na die huis van Josia seun van Sefanja toe waar die ballinge Geldai, Tobija en Jedaja uit Babel aangekom het

11. en kry by hulle silwer en goud. Maak dan daarvan 'n kroon en sit dit op die kop van die hoëpriester Jesua seun van Josadak.

12. Dan moet jy vir hom sê: So sê die Here die Almagtige: Daar is 'n man met die naam Loot. Hy maak vinnig opgang en hy sal die tempel van die Here bou.

13. Dit is hy wat die tempel van die Here sal bou, dit is hy wat die mag sal besit, wat op die troon sal sit en sal heers. 'n Priester sal saam met hom regeer en daar sal vriendelike oorleg tussen hulle twee wees.

14. Die kroon moet in die tempel van die Here bly as 'n gedagtenis aan Geldai, Tobija en Jedaja en aan die goeie gesindheid van die seun van Sefanja.

15. Mense sal van ver af kom en aan die tempel van die Here bou, sodat julle sal weet dat die Here die Almagtige my na julle toe gestuur het. Dit sal gebeur as julle in alles gehoorsaam is aan die Here julle God.

Lees volledige hoofstuk Sagaria 6