Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 6:4-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Ek het vir die engel wat vir my die gesigte moes uitlê, gevra: “Wat beteken dit, Meneer?”

5. Hy het vir my gesê: “Die strydwaens het gestaan voor Hom aan wie die hele aarde behoort. Nou gaan hulle in die vier windrigtings.

6. Die strydwa met die swart perde gaan noord, dié met die wittes gaan agterna, en dié met die skimmels gaan suid.”

7. Toe die skimmel perde wegtrek, wou hulle die aarde deurkruis, maar eers toe die engel sê: “Spring weg, deurkruis die aarde!” het hulle dit gedoen.

8. Die engel het vir my geskree: “Kyk, dié wat noord gaan, bring die Gees van die Here daarheen!”

9. Die woord van die Here het tot my gekom en gesê:

10. Gaan vandag nog na die huis van Josia seun van Sefanja toe waar die ballinge Geldai, Tobija en Jedaja uit Babel aangekom het

11. en kry by hulle silwer en goud. Maak dan daarvan 'n kroon en sit dit op die kop van die hoëpriester Jesua seun van Josadak.

12. Dan moet jy vir hom sê: So sê die Here die Almagtige: Daar is 'n man met die naam Loot. Hy maak vinnig opgang en hy sal die tempel van die Here bou.

Lees volledige hoofstuk Sagaria 6