Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 5:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ek het weer 'n gesig gesien. Daar was 'n boekrol wat in die lug sweef.

2. Die engel het vir my gevra: “Wat sien jy?” en ek het gesê: “Ek sien 'n boekrol wat in die lug sweef. Dit is nege meter lank en vier en 'n half meter breed.”

3. Toe sê die engel vir my: “Dit is die vervloeking wat oor die hele aarde strek, want elke dief het tot nou toe ongestraf gebly, en elkeen wat 'n vals eed aflê, het tot nou toe ongestraf gebly.”

4. Ek stuur die vervloeking, sê die Here die Almagtige. Dit sal in die dief se huis ingaan, en in die huis van dié wat in my Naam 'n vals eed aflê. Dit sal daar bly en die huis verwoes, hout en klip, alles.

Lees volledige hoofstuk Sagaria 5