Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 4:4-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Ek vra toe vir die engel wat vir my die gesigte moes uitlê: “Wat beteken dit, Meneer?”

5. Hy het geantwoord: “Weet jy nie wat dit beteken nie?”Ek het gesê: “Nee, Meneer.”

6. Toe sê hy vir my: “Hier is die boodskap van die Here aan Serubbabel: Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.”

7. Selfs die grootste berg sal voor Serubbabel 'n gelykte word. As Serubbabel die laaste klip van die tempel op sy plek sit, sal die mense roep: “Mooi, mooi!”

8. Daarna kom die woord van die Here tot my:

9. Serubbabel se hande het hierdie tempel se fondamente gelê, sý hande sal dit klaar bou.Dan sal julle weet dat die Here die Almagtige my na julle toe gestuur het.

10. Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie. Die mense sal bly wees wanneer hulle sien Serubbabel gaan aan met die bouwerk.Daardie sewe oë op die klip voor Jesua is die oë van die Here wat oor die hele wêreld kyk.

11. Toe vra ek vir die engel: “Wat beteken daardie twee olyfbome weerskante van die kandelaar?”

12. En verder het ek ook vir hom gevra: “Wat beteken die twee bondels olyftakkies langs die twee goue pype waaruit die goudkleurige olie stroom?”

13. Hy het vir my gesê: “Weet jy nie wat dit beteken nie?” en ek het gesê: “Nee, Meneer.”

14. Toe sê hy: “Dit is die twee gesalfdes wat in diens staan van Hom aan wie die hele aarde behoort.”

Lees volledige hoofstuk Sagaria 4