Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 4:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die engel wat vir my die gesigte moes uitlê, het teruggekom en my wakker gemaak, net soos 'n mens uit sy slaap wakker gemaak word.

2. Hy het vir my gevra: “Wat sien jy?” maar hy het self voortgegaan: “Ek het gesien daar is 'n kandelaar, heeltemal van goud; bo-op is 'n oliebak met sewe tuite en sewe lamppitte in elkeen.

3. By die kandelaar is twee olyfbome, een regs van die oliebak en een links.”

4. Ek vra toe vir die engel wat vir my die gesigte moes uitlê: “Wat beteken dit, Meneer?”

5. Hy het geantwoord: “Weet jy nie wat dit beteken nie?”Ek het gesê: “Nee, Meneer.”

Lees volledige hoofstuk Sagaria 4