Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 13:5-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Hy sal sê: “Ek is nie 'n profeet nie, ek werk op die lande, iemand het my verkoop toe ek nog jonk was.”

6. En as iemand vir die profeet sê: “Wat se wonde het jy dan op jou bors?” sal hy antwoord: “Iemand het my so geslaan in die huis van my vriende.”

7. Kom, swaard, tref die herder in my diens, sê die Here die Almagtige, tref die man wat so na aan My is. Maak dood die herder, dat die skape uitmekaargejaag kan word. Ek sal self optree, ook teen die kleinstes onder hulle.

8. Dwarsoor die land, sê die Here, sal twee derdes van hulle uitgeroei word en omkom. Daar sal net 'n derde van hulle oorbly in die land,

9. en dié derde sal Ek met vuur louter soos silwer gelouter word. Ek sal hulle suiwer soos goud gesuiwer word. Hulle sal My aanroep, en Ek sal hulle gebede verhoor.Ek sal sê: “Hulle is my volk.”En hulle sal sê: “Die Here is ons God.”

Lees volledige hoofstuk Sagaria 13