Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 13:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Daardie dag sal daar 'n fontein oopgemaak word om die koningshuis van Dawid en die inwoners van Jerusalem te reinig van hulle sonde en hulle vuilheid.

2. Daardie dag, sê die Here die Almagtige, laat Ek die gedagtenis aan die afgode verdwyn uit die land. Daar sal nie meer aan hulle gedink word nie. Ek gaan ook die profete en die gees van onreinheid uit die land verwyder.

3. Wanneer iemand nog profeet probeer wees, sal sy eie pa en ma sê: “Jy mag nie lewe nie, want jy praat leuens in die Naam van die Here.”So 'n man se eie pa en ma sal hom doodsteek omdat hy profeet probeer wees.

4. Daardie dag sal elke profeet in die verleentheid wees met die gesigte wat hy as profeet sien, en hy sal nie meer harige profeteklere aantrek om met sy bedrog aan te gaan nie.

5. Hy sal sê: “Ek is nie 'n profeet nie, ek werk op die lande, iemand het my verkoop toe ek nog jonk was.”

Lees volledige hoofstuk Sagaria 13