Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 12:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Uitspraak, 'n woord van die Here teen Israel. Die Here het dit gesê, Hy wat die hemelkoepel oopgespan en die aarde op sy fondamente gesit het, Hy wat die gees van die mens gevorm het:

2. Ek gaan Jerusalem 'n bak wyn maak wat al die volke rondom laat slinger. Wanneer Jerusalem beleër word, sal die stede van Juda ook beleër word.

3. Daardie dag gaan Ek Jerusalem 'n rotsblok maak vir al die volke. Elkeen wat hom probeer optel, gaan homself seer maak. Al die nasies op aarde sal saamstaan teen Jerusalem.

4. Daardie dag, sê die Here, laat Ek die perde skrik en die ruiters paniekbevange raak. Ek sal my oog hou op Juda, maar die ander volke se perde sal Ek almal blind laat word.

5. Dan sal die leiers van Juda vir hulleself sê: “Die krag van die inwoners van Jerusalem lê in hulle God, die Here die Almagtige.”

6. Daardie dag maak Ek die leiers van Juda soos 'n bak vuur onder die hout, soos 'n vlam onder die afgesnyde koringare. Hulle sal al die volke rondom verteer, na alle kante toe. Maar Jerusalem sal nog staan waar hy was.

7. Die Here sal die woonplekke van Juda eerste red, sodat die koningshuis van Dawid en die inwoners van Jerusalem nie méér eer ontvang as Juda nie.

Lees volledige hoofstuk Sagaria 12