Ou Testament

Nuwe Testament

Rut 3:13-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Slaap vannag hier. As hy dan môreoggend bereid is om as jou losser op te tree, goed, maar as hy nie wil nie, sal ek so seker as die Here leef, as losser optree. Bly hier tot môreoggend.”

14. Sy het toe by sy voete bly lê tot die oggend, maar voordat dit lig genoeg was om iemand te herken, het sy opgestaan, “want,” het Boas gesê, “dit moenie bekend word dat 'n vrou na die dorsvloer toe gekom het nie.”

15. Hy het ook gesê: “Bring die tjalie wat jy om het en hou dit oop.”Sy het dit oopgehou, en hy het ses en twintig kilogram gars vir haar daarin afgemeet en dit op haar rug getel. Hy is toe stad toe,

16. en sy het na haar skoonma toe gegaan.Sy vra toe vir Rut: “Hoe het dit toe gegaan, my dogter?”Sy het haar vertel wat Boas alles vir haar gedoen het en

17. gesê: “Hy het vir my hierdie ses en twintig kilogram gars gegee, want hy het gesê ek mag nie met leë hande by my skoonma aankom nie.”

18. Naomi sê toe: “Wag maar en kyk wat nou gaan gebeur, my dogter. Die man sal beslis nie vandag rus voordat die saak afgehandel is nie.”

Lees volledige hoofstuk Rut 3