Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 8:28-35 Afrikaans 1983 (AFR83)

28. Die Midianiete was onderdanig aan Israel. Hulle het nie weer in opstand gekom nie, en daar was veertig jaar lank vrede in die land in die dae van Gideon.

29. Jerubbaäl seun van Joas het na die oorlog teen Midian in sy huis gaan woon.

30. Hy het sewentig seuns gehad, almal sy eie kinders, want hy het baie vrouens gehad.

31. Ook sy byvrou uit Sigem het vir hom 'n seun in die wêreld gebring. Sy naam was Abimelek.

32. Gideon seun van Joas is op hoë ouderdom oorlede, en hy is in Ofra begrawe in die graf van sy pa Joas die Abiësriet.

33. Na Gideon se dood het die Israeliete weer die Baäls begin vereer. Hulle het vir Baäl-Berit as god aanvaar

34. en die Here hulle God vergeet deur wie hulle gered is uit die mag van hulle vyande rondom hulle.

35. Hulle was ook nie lojaal teenoor die gesin van Jerubbaäl, dit is Gideon, nie, ten spyte van al die goeie dinge wat hy vir Israel gedoen het.

Lees volledige hoofstuk Rigters 8