Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 12:8-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Na Jefta was Ibsan uit Betlehem die leier van die Israeliete.

9. Hy het dertig seuns en dertig dogters gehad. Hy het sy dogters met mans laat trou wat nie aan sy stam behoort het nie, en vir sy seuns het hy dertig vrouens van buite sy stam af laat kom. Hy was sewe jaar lank leier van die Israeliete.

10. Ibsan het gesterf, en hy is begrawe in Betlehem.

11. Na hom was Elon uit Sebulon leier van die Israeliete, tien jaar lank.

12. Elon uit Sebulon het gesterf, en hy is begrawe in Ajalon in die Sebulongebied.

Lees volledige hoofstuk Rigters 12